The Dolphin's Cry is 'n liedjie deur Amerikaanse alternatiewe rockgroep Live. Dit is in Augustus 1999 vrygestel as die hoofenkelsnit van hul vierde studio-album The Distance to Here. Die liedjie is saam met Jerry Harrison van Talking Heads geproduseer.

Musiekvideo In die musiekvideo, onder leiding van Martin Weisz,"Live - The Dolphins Cry" mvdbase.com speel die groep in 'n stegie, terwyl watergolwe in hul rigting vloei. Die ander mense in die stegie word panikerig as die golwe groter word. Teen die einde van die liedjie sweep die grootste golf deur die stegie en slaan die groep om, maar hulle staan weer op en speel verder.

"Live - Dolphin's Cry" op YouTube

Verwysings

Kategorie:Liedjies van Live