220px Villa Tugendhat
in Brno, Tsjeggië
Verdiepings
3
Voltooiing
1929–1930
Argitek Ludwig Mies van der Rohe
Opdraggewers
Fritz en Grete Tugendhat
Argitektoniese besonderheid
200px
Konstruksie met staalskelet sonder gewigdraende mure, filigrane staalsuile
Villa Tugendhat is 'n privaat woonhuis wat volgens 'n ontwerp van die Duits-Amerikaanse argitek Ludwig Mies van der Rohe (1886–1969) tussen 1929 en 1930 vir die entrepreneurs-egpaar Fritz en Grete Tugendhat, die ouers van die Duitse filosoof Ernst Tugendhat en die kunshistorikus Daniela Hammer-Tugendhat, in Černá Pole, 'n welgestelde noordelike buurt van Brno in Tsjeggo-Slowakye (tans Tsjeggië), van gewapende beton gebou is. Die gebou word as 'n baanbrekende prototipe van modernistiese boukuns in Europa beskou en het saam met Mies van der Rohe se befaamde Duitse uitstallingspawiljoen vir die Wêreldtentoonstelling van 1929 in Barcelona ontstaan, soos uit die ooreenstemmende gebruik van staalsuile sowel as edele materiale en meubels, oop ruimtes en die plat dakkonstruksie blyk.Kaspar Heinrich: Eine Villa der Wahrheit. In: Die Zeit, 31 Mei 2013. Besoek op 12 Julie 2017 Binne die argitek se Europese werkperiode was Villa Tugendhat die beduidendste funksionalistiese ontwerp.
Villa Tugendhat is die mees bekende voorbeeld van modernistiese boukuns in Brno – en die enigste moderne gebou in Tsjeggië wat deur Unesco as wêrelderfenis gelys is.Villa Tugendhat – Introduction. Besoek op 12 Julie 2017 Sy innovatiewe ontwerp, waarvoor 'n met bakstene versterkte staalskelet sonder gewigdraende mure gebruik is om Mies van der Rohe se nuwe informele konsep van 'n maklik aanpasbare oop ruimte met groot vensterfronte, wat perfek in sy natuurlike omgewing pas, te verwesenlik, was 'n mylpaal wat van Villa Tugendhat een van die ikone van moderne residensiële argitektuur gemaak het – saam met Corbusier se Villa Savoye, Frank Lloyd Wright se Robie House en Hans Scharoun se Haus Schminke.
Verwysings
Eksterne skakels Great Buildings: Villa Tugendhat Go to Brno: Villa Tugendhat
Kategorie:Geboue en strukture in Tsjeggië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Tsjeggië