Die Westland Whirlwind was 'n tweemotorige, enkelsitplek vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was ook hul eerste tweemotorige, enkelsitplek vegvliegtuig en was ontwerp as hoë prestasie, lang togafstand, nagvegter begeleidings vliegtuig. Gedeeltes van sy ontwerp was ultramodern vir sy tyd: motor verkoelers was voor in die vlerke, borrel tipe kajuit met goeie sig en die bewapening in die neus was dodelik. Die vliegtuig se vorm was oorheers deur die twee enjingondels en produksie was vertraag as gevolg van probleme met die Rolls-Royce Peregrine motors.

Die eerste eskader wat toegerus met die vliegtuig was, was 263 eskader in Desember 1940. Die eskader het tot Junie 1941 aanvallende verkenningstogte uitgevoer. Die Westland Whirlwind was egter ongewild met Fighter Command omrede die motors nie sterk genoeg was nie en ook deurentyd probleme gegee het. Die vliegtuig het ook 'n hoë landings spoed gehad van 129 km/h wat lang aanloopbane vereis het. Tog het 263 eskader die Britse Lugmag bomwerpers vergesel op daglig missies oor Europa, die bekendste is die bombardering van Keulen in Augustus 1941.

Die ander eskader wat toegerus met die Whirlwind was, 137 eskader, het die vliegtuig (model 1A) 'n as vegter/bomwerpers gebruik in lae hoogte aanvalle oor die Engelse Kanaal. Teen Desember 1943 was beide eskaders toegerus met ander vliegtuie en in Junie 1944 was die vliegtuig as verouderd verklaar.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Westland Whirlwind I: Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Skroef Vervaardiger Rolls-Royce Peregrine vloeistof verkoelde suier motor Kraglewering per motor 885 perdekrag Vlerkspan 13,72 m Lengte 9,98 m Hoogte 3,52 m Vlerkoppervlakte 23,23 m2 Maks. opstygmassa 4 658 kg Maks. snelheid 580 km/h Operasionele hoogte 9 144 m Togafstand 1,290 km Klimvermoë 915 m per minuut Bewapening Vier 20 mm kanonne in neus

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog