Die Klipnentaook:Klipnentacotyledon, Krimpsiekte, Neenta, Nenta, Nentabossie (Tylecodon ventricosus (Burm.f.) Toelken) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is en in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys.
Dit is 'n stam- en blaarsukkulent wat uit 'n gedeeltelik ondergrondse verdikte wortelstok groei. Dit vorm stompige spreidende takke wat 30 cm hoog en 2 cm in deursnee kan word. Die plant is bladwisselend en die blare is langwerpig lansvormig en effens behaard. Die bloeiwyse is trosvormig en die blomme staan in groepies van 2-3 by mekaar. Die blomme is gelerig groen aan die basis en word perserig bruin na die effens teruggeboë toppe toe.
Nes ander spesies van die genus Tylecodon is hierdie plant giftig vir skape en veroorsaak die simptome van krimpsiekte.
Verwysings
Kategorie:Tylecodon Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika