Die steekbossie (Cliffortia ruscifolia) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Noord- en Wes-Kaap en effens in die Oos-Kaap voor. Die plant word op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n struik wat in renosterveld voorkom en baie skerp blare het wat tot verwondings kan lei. Dit word volop op Kaapstad se Tafelberg aangetref. Dit word nogtans in Engels Climbers' friend genoem omdat sy wortels stewig in die grond veranker is en die plant aan die klimmer houvas gee om nie te val nie.
Subspesies SANBI gee twee subspesies: Cliffortia ruscifolia L. var. purpurea Weim. (Seldsaam) Cliffortia ruscifolia L. var. ruscifolia (LC)
Galery
Verwysings
ruscifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika