Alderamin (ook bekend as Alpha Cephei of α Cep) is ’n helder ster in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus) naby die noordelike hemelpool. Dit is redelik naby aan die Son, sowat 49 ligjare.
Met ’n deklinasie van meer as 62 grade noord is Alderamin meestal in die Noordelike Halfrond sigbaar, en reg deur die jaar in Europa, Noord-Asië, Kanada en Amerikaanse stede so ver suid as San Diego. Vanweë sy skynbare magnitude van sowat 2,5 is dit maklik met die blote oog sigbaar, selfs in stede met ligte lugbesoedeling.
Name Die ster se Bayer-naam is "Alpha Cephei" en sy Flamsteed-naam "5 Cephei". Die tradisionele naam, "Alderamin", kom van die Arabiese frase الذراع اليمين al-dhirā‘ al-yamīn, "die regterarm".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Alderamin" vir die ster goedgekeur.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Kefeus (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Gliese-voorwerpe Kategorie:A-tipe subreuse