Epsilon Centauri (ε Centauri, afgekort as Epsilon Cen of ε Cen) is ’n ster in die suidelike sterrebeeld Sentour (Centaurus). Dit is een van die helderste sterre in die sterrebeeld, met ’n effens veranderlike skynbare magnitude van 2,3. Volgens metings van die Hipparcos-satelliet is dit sowat 430 ligjare van die Son af.
ε Centauri het ’n groot massa van omtrent 12 keer dié van die Son en ’n sterreklassifikasie van B1 III, wat aandui dit is ’n reusester wat ver gevorder is in sy evolusie. Sy ligsterkte is meer as 15 000 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is sowat 24 000 K. Dit gee die ster die blouwit skynsel van ’n B-tipe ster. Dit word geklassifiseer as ’n Beta Cephei-tipe veranderlike ster, met ’n primêre periode van 0,16961 dae (4 uur en 4 minute); dit voltooi 5,9 siklusse per dag. Tydens elke siklus wissel die helderheid van die ster tussen 2,29 en 2,31 m.
ε Centauri is ’n relatief jong ster van sowat 16 miljoen jaar.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sentour (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:B-tipe reusesterre