Tarf (ook bekend as Beta Cancri of β Cnc) is die helderste ster in die sterrebeeld Kreef (Cancer). Teen ’n afstand van die Son van sowat 290 ligjare, het dit ’n skynbare magnitude van 3,5. Sy absolute magnitude is . Dit het ’n sterreklassifikasie van K4 III Ba1 en is ’n oranje K-tipe reusester met ’n radius van sowat 61 keer dié van die Son.
Tarf is ’n bariumster, ’n soort koel reus met tekens van baie barium. Daar word ook vermoed dit wissel effens in helderheid.
Die ster het ’n metgesel-ster, ’n rooidwerg van die 14de magnitude. Die afstand van die ster is sowat 29 boogsekondes van Tarf, dus sowat 2 600 AE. Dit het ’n wentelperiode van 76 000 jaar.
Eksoplaneet In ’n artikel op 12 Mei 2014 in die tydskrif Astronomy & Astrophysics is bewyse gelewer van ’n planeet wat om Tarf wentel. Volgens radialesnelheidsdata ná herhaalde waarnemings van die ster het die planeet ’n minimum massa van 7,8 keer dié van Jupiter en is sy wentelperiode 605 dae.
Name Die ster se Bayer-naam is "Beta Cancri" en sy Flamsteed-naam "17 Cancri". Die tradisionele naam, "Al Tarf" of "Altarf", kom van die Arabiese woord vir "einde" of "kant".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Tarf" vir die ster goedgekeur.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Planetêre stelsels Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Kreef (sterrebeeld) Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre