Sir Hamilton John Goold-Adams (27 Junie 1858 – 12 April 1920) was Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy is gebore in 1858. In Suid-Afrika veg hy in sir Charles Warren se ekspedisie van 1884 teen die Betsjoeanas en hy het as majoor bevel gevoer oor die Veldmag in die 1893 Matabele-oorlog. In 1895 word hy majoor in die 1ste bataljon van die Royal Scots en Resident-kommissaris vir Betsjoeanaland. Hy dwing respek af by alle rasse met sy takt en bekwaamheid. Hy onderskei hom tydens die Beleg van Mafeking tydens die Tweede Vryheidsoorlog en van 1901 tot 1910 was hy die Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Hy beleef die instelling van verantwoordelike bestuur en die voorbereidsels vir die Nasionale Konvensie en Uniewording. Hy sterf op 12 April 1920.

Bron Rosenthal, Eric Ensiklopedie van Suidelike Afrika 1967 le Roux, C.J.P.: Sir Hamilton John Goold-Adams en die Oranjerivierkolonie, 1901 - 1910. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 35, nr. 1, Januarie 1986

Eksterne skakels

Kategorie:Britse goewerneurs Kategorie:Britse militariste Kategorie:Majoors Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Geboortes in 1858 Kategorie:Sterftes in 1920