Acubens (ook bekend as Alpha Cancri of α Cnc) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Kreef (Cancer).

Name Die ster as Bayer-naam is "Alpha Cancri" en sy Flamsteed-naam "65 Cancri". Die tradisionele naam, "Acubens", kom van die Arabiese الزبانى al zubanāh, "die kloue".Richard Hinckley Allen: Star Names — Their Lore and Meaning: Cancer

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Acubens" vir die ster goedgekeur.

Eienskappe Acubens het ’n skynbare magnitude van 4,2 en is dus met die blote oog sigbaar. Met sy sterreklassifikasie van A5m is sy ligsterkte 23 keer dié van die Son. Die ster is sowat 174 ligjare van die Son af.

Aangesien dit naby die Sonnebaan lê, kan dit deur die Maan verduister word en soms ook deur planete.

Die primêre komponent, α Cancri A, is ’n wit A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 4,26. Sy metgesel, α Cancri B, is ’n ster van die 11de magnitude.

Deur sy ligkurwe tydens verduisterings te bestudeer, word geglo α Cancri A is self ’n dubbelster van twee sterre met dieselfde helderheid en ’n skeiding van 0,1 boogsekondes.

Verwysings

Eksterne skakels Jim Kaler's Stars, Universiteit van Illinois:Acubens

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Sterre met eiename‎ Kategorie:Kreef (sterrebeeld) Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:A-tipe hoofreekssterre