Peter Church is ’n Suid-Afrikaanse misdaadskrywer. Hy woon in Kaapstad met sy vrou, Paula, en kinders Christopher, Megan en Ross.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Sy eerste boek is Dark Video, wat in 2008 deur Random-Struik in Suid-Afrika, asook in 2009 deur New Holland Publishers in Nieu-Seeland en Australië uitgegee is. Volgens die Natal Mercury was dit die beste debuutboek in 'n lang tyd. Die boek is ook deur Sunday Times as 'n boek van die week aangewys.Outeur se profiel op Amazon.com, besoek op 6 Julie 2017
Sy tweede boek, Bitter Pill is in 2011 uitgereik. Die boek is in 2012 vir die Sunday Times se fiksieprys genomineer.
Werke Blue Cow Sky, 2015, Bitter Pill, 2011, Dark Video, 2009,
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers