duimnael|Die geomorfologiese indeling van Tsjeggië. Die Boheems-Morawiese Hoogland word in rooi aangedui duimnael|Landskapstoneel naby Žďár nad Sázavou, in die administratiewe streek Kraj Vysočina duimnael|'n Kloktoring buite Lipnice nad Sázavou duimnael|Die kasteel van Lipnice nad Sázavou, 'n tipiese hoogteburg Die Boheems-Morawiese Hoogland (Tsjeggies: Českomoravská vrchovina of kort Vysočina, is 'n hoogplato met 'n oppervlakte van sowat 10 000 vierkante kilometer in die suide van die Tsjeggiese Republiek. Sy westelike gedeelte is in die historiese landsdeel Boheme geleë, die oostelike in Morawië. Die Europese hoofwaterskeiding loop deur die Hoogland - riviere, wat in weswaartse rigting vloei, mond in Noord- of Oossee uit, riviere in ooswaartse rigting mond in die Swartsee uit.czech-tourist.de: Natur der Region Böhmisch-Mährische Höhe: Žďár nad Sázavou, Mohelno. Besoek op 6 Julie 2017

Die plato bestaan uit golwende heuwellande met hoogtes van tussen 500 en 800 m bo seevlak, met digbevolkte laer gedeeltes. Die saggies golwende heuwels is tradisionele boerderygebiede, op sommige plekke het vakansiehuise ontstaan. Hoër geleë pieke en plato's bied uitsigte oor die landskap, valleie en kastele, of is ontsluit vir sporttoerisme.

Verwysings

Kategorie:Boheme Kategorie:Morawië Kategorie:Geografie van Tsjeggië