duimnael|300px|Die Sint-Vituskatedraal is binne die Praagse kasteelkompleks geleë duimnael|Venster met kosbare tralieswerk (suidfasade)
Die Sint-Vituskatedraal (Tsjeggies: Katedrála sv. Víta oder Chrám sv. Víta, met volle naam Katedrála svatého Víta, Václava a Vojtěcha) dien as die katedraal van die Rooms-Katolieke aartsbisdom Praag. Die domkerk, wat binne die Praagse kasteelkompleks opgerig is, is die grootste kerkgebou in Tsjeggië. Dit is tydens die regentskap van Karel IV vanaf 1344 aanvanklik deur die Franse boumeester Matthias van Arras en, ná sy afsterwe in 1352, hoofsaaklik deur Peter Parler (1330–1399) volgens die voorbeeld van Franse koninklike katedrale in die Gotiese styl gebou.archINFORM: Saint Vitus Cathedral / Chrám svatého Vita. Besoek op 27 Junie 2017 As kroningskerk van die Boheemse konings het die domkerk nie net as laaste rusplek van Boheemse heersers gedien nie, maar ook as bewaarplek van die Boheemse kroonjuwele wat in die Kroonkamer opgesluit lê.
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Praag Kategorie:Rooms-Katolieke katedrale