Die Fokker Dr.I was 'n driedekkerenkelsitplekvegvliegtuig wat deur die Duitse Lugmag gebruik is tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die vliegtuig het bekend geraak omrede die Rooi Baron Manfred von Richthofen dit gebruik het. Die vliegtuig is ontwikkel in antwoord op die Britse Sopwith Driedekker. Die afkorting Dr is kort vir Dreidecker.

Ontwikkeling links|duimnael|Manfred von Richthofen se rooi Dr.I, reeksnommer 425/17 Die Fokker Dr.I is so gou moontlik vir produksie gebring in 1917 na sy nooiensvlug op 15 Junie. Dit het die front bereik in Oktober van dieselfde jaar. Die vliegtuig was uiters beweeglik en rats, maar nie so vinnig nie as gevolg van die drie vlerke se verhoogde lugweerstand.

Sukses Baie van Duitsland se bobaasvlieëniers het die vliegtuig gebruik. Luitenant Werner Voss het tien oorwinnings behaal tussen 3 en 23 September 1917. Hy sterf egter in 'n luggeveg teen 'n Royal Aircraft Factory S.E.5a.

Produksiemodelle het Manfred von Richthofen se Jagdgeschwader (Vegeskader) in Oktober bereik maar was onmiddellik uit diens onttrek na 'n paar noodlottige ongelukke. Ondersoek is ingestel, wat foute in die vlerkkonstruksie aan die dag gelê het. Nadat dit egter reggestel is, was die Fokker Dr.I teen die einde van November terug in aksie. Vervaardiging is in Mei 1918 gestaak en alle Fokker Dr.Is is uit diens onttrek. Die vliegtuig is op daardie stadium as ondiensbaar beskou.

Luitenant Carl Jacobs het die meeste sukses behaal in dié vliegtuig, naamlik 41 oorwinnings.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Fokker Dr.I Trippeldekker: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Oberursel Ur.II 9-silinder stermotor. Kraglewering per motor Onbekend Vlerkspan 7,2 m Lengte 5,77 m Hoogte 2,95 m Vlerkoppervlakte 18,7 m2 Maks. opstygmassa 585 kg Maksimum snelheid 165 km/h Operasionele hoogte 6 095 m Togafstand 1,5 uur Klimvermoë 1 000 m in 2 minute 54 sekondes Bewapening Twee 7,92 mm masjiengewere

Meer voorstellings

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bronnelys Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog