Die Apheliscidae is 'n familie uitgestorwe plasentale soogdiere uit die Paleogeen van Noord-Amerika.

Van die genusse is: Aletodon, Apheliscus, Chambius, Dorraletes, Gingerichia, Haplaletes, Haplomylus, Litomylus, Phenacodaptes, Utemylus

Die taksonomiese posisie is onduidelik. Hulle is waarskynlik verwant aan die Europese LouisinidaeEarly Palaeogene Louisinidae (Macroscelidea, Mammalia), their relationships and north European diversity Zoological Journal 2012, 164(4), 856-936 en aan die Amphilemuridae. Hulle is soms beskou as onderdeel van die Afrikaanse orde Macroscelidea (die klaasneuse) wat tot die Afrotheria behoort, 'n groep wat lank endemies aan Afrika was. Onlangse kladistiese ontleding (Halliday 2015)<ref name="Halliday">Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550</ref> plaas Haplomylus (Noord-Amerika en China) en Apheliscus Noord-Amerika saam met twee lede van die Amphilemuridae en Teilhardia ('n Lousinied) in 'n klade aan die basis van die Laurasiatheria wat geografies beter ooreenkom. Die takson Chambius'' betref egter fossiele uit Algerië en Tunisië en word deur Halliday in die Afrotheria-tak aangetref.

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere