Die Amphilemuridae is 'n familie uitgestorwe plasentale soogdiere uit die Paleogeen van Europa en China.
Die taksonomiese posisie is onduidelik. Hulle word soms in die orde Erinaceomorpha (die ystervarke) geplaas, wat nou -saam met die skeerbekmuise- as onderdeel van die Eulipotyphla beskou word. Hulle is soms nogtans beskou as onderdeel van die Afrikaanse orde Macroscelidea (die klaasneuse), wat tot die Afrotheria behoort, 'n groep wat lank endemies aan Afrika was. Hulle is waarskynlik verwant aan die eweneens Europese LouisinidaeEarly Palaeogene Louisinidae (Macroscelidea, Mammalia), their relationships and north European diversity Zoological Journal 2012, 164(4), 856-936 en aan die Noord-Amerikaanse Apheliscidae. Onlangse kladistiese ontleding (Halliday 2015)<ref name="Halliday">Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550</ref> plaas Macrocranion en Alsaticopithecus saam met twee lede van die Apheliscidae in 'n klade aan die basis van die Laurasiatheria wat geografies beter om te begryp is. Hulle is in hierdie ontleding effens nouer verwant aan die Scrotifera-tak hiervan as die Eulipotyphla.
Van die genusse is: Alsaticopithecus, Amphilemur, Ankylodon, Gesneropithex, Hylomysoides, Qilulestes, Macrocranion, Neomatronella, Patriolestes, Pholidocercus, Scenopagus, Sespedectinae, Zionodon''
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere