AC/DC is 'n Australiese rockgroep wat in 1973 deur broers Malcolm en Angus Young gevorm is. Angus was toe net 15 jaar oud en sy suster het voorgestel dat hy sy skooldrag op die verhoog moet dra. Die skooldrag het 'n kenmerk van die groep geword. Bon Scott sluit 'n jaar later by die groep aan, gevolg deur Philip Rudd en Mark Evans. Hul eerste album High Voltage is in 1974 aanvanklik net in Australië uitgereik, en hulle word gewild in Australië. In 1977 stel hulle Let There Be Rock vry en bereik die Amerikaanse treffersparade. Hulle groot deurbraak kom met die 1979-album Highway to Hell wat die nommer 8-posisie op die Britse treffersparade behaal en die nommer 17-posisie in Amerika. Hierdie album word die groep se eerste album wat meer as 'n miljoen verkope bereik.

Lede Huidige lede Angus Young – kitaar (1973–nou) Chris Slade – tromme (1989–1994, 2015–nou) Stevie Young – kitaar, sang (2014–nou) Axl Rose – voorsang (2016–nou)

Voormalige lede Malcolm Young  (1973–2014; oorlede 2017) Dave Evans  (1973–1974) Bon Scott  (1974–1980; oorlede 1980) Phil Rudd  (1975–1983, 1994–2015) Mark Evans  (1975–1977) Cliff Williams  (1977–2016) Brian Johnson  (1980–2016) Simon Wright  (1983–1989)

Diskografie Ateljeealbums 1975: High Voltage 1975: T.N.T. 1976: High Voltage 1976: Dirty Deeds Done Dirt Cheap 1977: Let There Be Rock 1978: Powerage 1979: Highway to Hell 1980: Back in Black 1981: For Those About to Rock We Salute You 1983: Flick of the Switch 1985: Fly on the Wall 1988: Blow Up Your Video 1990: The Razors Edge 1995: Ballbreaker 2000: Stiff Upper Lip 2008: Black Ice 2014: Rock or Bust 2020: Power Up

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Verwysings

Kategorie:Australiese musiekgroepe