Smokie (voorheen: Smokey) is 'n Engelse rockgroep van Bradford, Yorkshire. Hul eerste treffer was If You Think You Know How To Love Me en hul gewildste treffer, Living Next Door to Alice, het jare gelede die nommer 5-posisie op die Britse Enkelspelerlys behaal en die nommer 25-posisie op die Amerikaanse Billboard Hot 100. Smokie het reeds meer as 30 miljoen CD's, plate en albums verkoop.
Die groep is deur drie skoolvriende, Chris Norman, Ron Kelly and Alan Silso gestig. Hulle het aanvanklik by skoolkonserte gespeel, en na verskeie naamverandering het hulle die groep Smokie in 1975 gestig. In 1986 verlaat Chris Norman die groep, en word vervang met Alan Barton as hoofsanger. Op 19 Maart 1995 is die groep se toerbus in 'n motorongeluk bertokke en Barton sterf 4 dae later in 'n hospitaal. Die res van die groep besluit om voort te gaan en Mike Craft sluit by die groep aan as hoofsanger.
Diskografie Pass It Around (1975) Changing All the Time (1975) Midnight Café (1976) Bright Lights & Back Alleys (1977) The Montreux Album (1978) The Other Side of the Road (1979) Solid Ground (1981) Strangers in Paradise (1982) Midnight Delight (1982) All Fired Up (1988) Boulevard of Broken Dreams (1989) Whose Are These Boots? (1990) Chasing Shadows (1992) Burnin' Ambition (1993) The World and Elsewhere (1995) Light a Candle (1998) Wild Horses – The Nashville Album (1998) Uncovered (2000) Uncovered Too (2001) On the Wire (2004) Take a Minute (2010)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Engelse musiekgroepe