Hillcrest is 'n gegoede woonbuurt en klein dorpie, in die groter Durban-area van eThekwini in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Hillcrest het sy onafhanklike dorpsraadstatus tot in 1996 behou, waarna dit onder administrasie van die Buite-Westelike Plaaslike Raad – 'n onderafdeling van die destydse Durbanse Eenheidstad – geplaas is. In 2000 is die Buite-Westelike Plaaslike Raad, saam ander plaaslike dorpsrade, ontbind en vervang deur 'n enkele eThekwini Munisipaliteit wat die hele Durban metropolitaanse gebied bedien.

Die voorstad van Hillcrest het in die laat-1990s en 2000s 'n bou-oplewing beleef met die oprigting van vele afgesperde woongemeenskappe en nuwe inkopiesentrums.

Skole Die openbare skoolstelsel in Hillcrest ondersteun skole soos Hillcrest High School en Hillcrest Primary School, asook Winston Park Primary School in nabygeleë Winston Park.

Privaatskole is onder andere Highbury Preparatory School en Hillcrest Christian Academy met Kearsney College en die Roseway Waldor-skool in die nabygeleë Botha's Hill en Alverstone.

Beroemde inwoners Dale Benkenstein, Nashua Dolphins-krieketspeler Wayne Fyvie, oud-Sharks en Springbokrugbyspeler Ian McIntosh, oud-Sharks en SA nasionale rugbyafrigter Shaun Pollock, oud-Dolphins en SA Proteakrieketspeler en -kaptein Heather Hamilton, Mej Suid-Afrika 1999, Mej Heelal top 10 1999 Megan Coleman, Mej Suid-Afrika 2006, Mej Heelal 2007 Sir Liege Hulletts, stigter van Kearsney College, stigter van Hullett's Suikermaatskappy

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Durban