Stamford Hill is 'n voorstad van Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit word geadministreer deur die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.
Die voorstad, geleë aan die Indiese Oseaankus, is nie-residensiëel en bestaan hoofsaaklik uit nie-openbare oop ruimte. Die Kings Park Sportgebied is die tuiste van die Moses Mabhidastadion wat in 2009 geopen is en benut is tydens die 2010 FIFA-Wêreldbeker, sowel as 'n verskeidenheid ander sportplekke en fasiliteite.
Noord van die buurt is die Windsor Mashie Gholfbaan en die Durban Buiteklub. Die suidelike gedeelte van die voorstad, op die kus by Batterystrand, is die tuiste van die Waterwêreld en die Suncoast Kasino en vermaakwêreld.
Galery
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Durban