Die Arctocyonidae is 'n familie uitgestorwe soogdiere uit die Paleogeen. Die familie word gewoonlik in die (asblik)orde "Condylarthra" geplaas en onlangse taksonomiese ontleding (Halliday 2015<ref name="Halliday">Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550</ref>) van vroeë soogdiere het aangetoon dat ook die familie Arctocyonidae waarskynlik polifileties is.

Die familie bevat genusse soosAnacodonClaenodonThryptacodonChriacusOxyclaenuswat dalk 'n sustergroep van die Palaeoryctidae en die Creodonta is.

Die genusseArctocyonLoxolophusis dalk 'n susterklade van die Periptychidae en Pantodonta.

Die genusseGoniacodonEoconodonis dalk 'n susterklade van die Mesonychia en Carnivoramorpha

Al drie hierdie groepe val nogtans binne die kroongroep Ferae van die Laurasiatheria

Die genus Protungulatum'' (uit die Kryt) word soms ook as 'n lid van hierdie familie beskou. Dit is nogtans in 1988 deur Prothero, Manning & Fischer daaruit uitgesluit en Halliday et. al vind dat dit saam met Purgatorius 'n lid van die Eutheria is wat buite die kroon-Plasentalia val.

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere