Botha's Hill is 'n klein dorpie buite Hillcrest in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is die poort na die Vallei van 'n Duisend Heuwels. Kearsney-kollege het verskuif na Botha's Hill in 1939.
Die dorp is 37 km noordwes van Durban, op die ou hoofpad na Pietermaritzburg (voor die N3-snelweg gebou is). Dit is vernoem na 'n setlaar, Philip Rudolph Botha, oupa van Generaal Louis Botha (1862-1919), die eerste Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.
Die roete van die jaarlikse Comrades-maraton gaan deur Botha's Hill.
Galery
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Voorstede van Durban