280px|duimnael|Die ligging van Lidië in Anatolië. 280px|duimnael|Lidië omstreeks 50 n.C. Lidië (Assiries: Luddu; Grieks: Λυδία, Turks: Lidya) was ’n Ystertydperk-koninkryk in die westelike Klein-Asië wat oos van antieke Ionië in die hedendaagse Wes-Turkye geleë was. Die bewoners het ’n Anatoliese taal bekend as Lidies gepraat.
Op sy hoogtepunt het die Koninkryk Lidië oor die hele Wes-Anatolië gestrek. In Persië was Lidië ’n satrapie met Sardis as hoofstad.Rhodes, P.J. A History of the Classical Greek World 478-323 BC. 2de uitg. Chichester: Wiley-Blackwell, 2010, p. 6. Tabalus, wat deur Kores die Grote aangestel is, was die eerste satraap. Lidië was later die naam van ’n Romeinse provinsie.
Muntstukke het glo omstreeks die 7de eeu v.C. in Lidië ontstaan."Lydia" in Oxford Dictionary of English. Oxford University Press, 2010. Oxford Reference Online. 14 Oktober 2011.
Verwysings
Eksterne skakels Livius.org: Lidië
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Argeologiese vindplekke Kategorie:Geskiedenis van Turkye Kategorie:Voormalige lande in Asië