Bissau 280px Kaart Vlag 180px|senter 75px|senter Wapen 90px|senter Land Provinsie Bissau Koördinate Stigting 1687 Oppervlakte: - Totaal 77 vk km Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking: - Totaal (2007) 407 424 - Bevolkingsdigtheid 5 291/vk km - Metropolitaanse gebied Tydsone UTC +0 Burgemeester
Bissau is die hoofstad van Guinee-Bissau. Die stad is geleë langs die Gebarivermonding, langs die Atlantiese Oseaan. Die stad het 'n geskatte bevolking van 407 424 (2007) en is die land se grootste stad, belangrikste hawe, en administratiewe en militêre sentrum. Grondboontjies, hardehout, kopra, palmolie en rubber is die hoofprodukte. Die stad is in 1687 deur Portugal gestig as 'n vestingshawe en handelsentrum. In 1942 word dit die hoofstad van Portugees-Guinee maar word dié status is later, 1973-74, aan Madina do Boe gegee.
Die stad is bekend vir sy jaarlikse karnaval. Ander trekpleisters is onder andere die Fortaleza d'Amura-kasernes (wat die guerrilla-vegter en politikus Amílcar Cabral se mausoleum bevat), die Pidjiguiti-gedenkbeeld (toegewy aan die dokwerkers wat in die Bissau dokstaking op 3 Augustus 1959 gesterf het), die Guinee-Bissau Nasionale Kunsinstituut, Bissau Nuwe Stadion en plaaslike strande. Baie geboue in die stad is geruïneer tydens die Guinee-Bissau Burgeroorlog, insluitend die Guinee-Bissau Presidensiële Paleis en die Bissau Franse Kulturele Sentrum. Die stadskern is ook steeds onderontwikkeld.
Die lughawe wat Bissau bedien is Osvaldo Vieiro Internasionale Lughawe.
Geskiedenis Die stad is in 1687 deur Portugal gestig as 'n versterkte hawe en handelsentrum.Roman Adrian Cybriwsky, Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture, ABC-CLIO, VSA, 2013, bl. 53 In 1942 word dit die hoofstad van Portugees-Guinee.
Na die onafhanklikheidsverklaring deur die anti-koloniale guerrilla's die Partido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) in 1973, is die hoofstad van die rebelle-gebiede Madina do Boe verklaar, terwyl Bissau die koloniale hoofstad bly. Toe Portugal onafhanklikheid verleen het, na die militêre staatsgreep op 25 April in Lissabon, word Bissau die hoofstad van die nuwe onafhanklike staat.
Bissau was die toneel van intense gevegte tydens die begin en einde van die Guinee-Bissau-burgeroorlog in 1998 en 1999.Uppsala Conflict Data Program Conflict Encyclopedia, Guinea Bissau: government, in depth, besoek op 12 Julie 2013, http://www.ucdp.uu.se/gpdatabase/gpcountry.php?id=68®ionSelect=2-Southern_Africa#
Verwysings
Bronne Richard Andrew Lobban, Jr. and Peter Karibe Mendy, Historical Dictionary of the Republic of Guinea-Bissau, 3rd ed. (Scarecrow Press, 1997, ) bl. 91-96
Galery
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Guinee-Bissau Kategorie:Voormalige Portugese kolonies Kategorie:Hoofstede in Afrika