Nairobi 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  County Nairobi Koördinate  Stigting 1899 Oppervlakte:    - Totaal 696 vk km  Hoogte bo seevlak 1 661 m Bevolking:    - Totaal (2019) 4 397 073  - Bevolkingsdigtheid 6 317,6/vk km Tydsone UTC+3 (OAT) Burgemeester Mike Sonko Amptelike webwerf nairobi.go.ke

Nairobi is die hoofstad en grootste stad van Kenia. Die naam kom van die Masai "Ewaso Nyirobi", wat "koel waters" beteken. Die inwonertal is meer as vier miljoen. Die belangrikste tale in Nairobi is Swahili, Kikuyu en Engels. Nairobi is in 1899 gestig as tussenpunt vir die Uganda-spoorlyn tussen Mombasa en Uganda. Dié stad word in 1907 die hoofstad van die protektoraat Brits-Oos-Afrika en met onafhanklikheid in 1963 die hoofstad van Kenia.

duimnael|links|Nairobi se stadshorison Nairobi se internasionale lughawe is die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe. Die ouer Wilson-lughawe was in die dertiger- en veertigerjare 'n stoppunt op die roete Southampton-Kaapstad en word steeds gebruik vir privaatvliegtuie.

Die Kampioenetrofee 2000 is geheel en al op Nairobi se Gymkhana Klubveld aangebied. Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is hier twee wedstryde beslis.

Sien ook Uhurupark

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van Nairobi