duimnael|240px|’n Diagram van die wisselwerkings tussen die Wu Xing.
Die Wu Xing (Chinees: 五行, ook bekend as onder meer die Vyf Fases of Vyf Elemente)Dr Zai, J. Taoism and Science: Cosmology, Evolution, Morality, Health and more. Ultravisum, 2015. is die kort vorm van Wǔ zhǒng liúxíng zhī qì (五種流行之氣), of "die vyf soorte chi wat op verskillende tye oorheers". Dit is ’n vyfvoudige skema wat op baie tradisionele Chinese terreine gebruik word om ’n groot verskeidenheid verskynsels te verduidelik, van kosmiese siklusse tot die wisselwerking tussen interne organe, en van die opvolging van politieke regimes tot die eienskappe van medisyne. Die Vyf Elemente is vuur (火 huo), water (水 shui), hout (木 mu), metaal (金 jin) en aarde (土 tu).Deng Yu et al; Fresh Translator of Zang Xiang Fractal five System,Chinese Journal of Integrative Medicine; 1999Deng Yu et al,TCM Fractal Sets中医分形集,Journal of Mathematical Medicine ,1999,12(3),264-265
Die stelsel is gebruik om die wisselwerkings en verhoudings tussen verskynsels te verduidelik. Nadat dit in die 2de of 1ste eeu v.C. tydens die Han-dinastie gewild geword het, is dit op baie terreine van Chinese denke gebruik, insluitende oënskynlik uiteenlopende velde soos Feng shui, astrologie, medisyne, musiek, militêre strategie en gevegskuns. Dit word steeds as ’n verwysing gebruik in sommige vorme van medisyne en gevegskuns.
Name Xing (行) of Wu Xing beteken "bewegende"; ’n planeet word in Chinees ’n "bewegende ster" (行星) genoem. Wu Xing verwys oorspronklik na die vyf belangrikste planete (Jupiter, Saturnus, Mercurius, Venus en Mars) wat vyf elemente van aardse lewe skep. Die term word ook dikwels vertaal as "Vyf Elemente", en dit word veral in akupunktuur gebruik. Dié vertaling het ontstaan weens ’n verkeerde vergelyking met die Westerse stelsel van vier elemente.Nathan Sivin (1995), "Science and Medicine in Chinese History," in sy Science in Ancient China (Aldershot, Engeland: Variorum), teks VI, p. 179. Terwyl die klassieke Griekse elemente verband hou met stowwe of natuurlike eienskappe, gaan die Chinese xing oor "proses en verandering"; dis hoekom dit dikwels as "fases" of "agente" vertaal word.Nathan Sivin (1987), Traditional Medicine in Contemporary China (Ann Arbor: Center for Chinese Studies, The University of Michigan) p. 73. Die term "Boom" word ook dikwels gebruik in plaas van "Hout".
Die vertaling "fase" word algemeen verkies, maar dié vertaling is nie perfek nie; "agente" of "prosesse" is dalk die beste vertalings van xing.
Siklusse Die leerstelling van vyf fases omvat twee wisselwerkingsiklusse tussen die fases, ’n voedende of skeppende siklus (生, sheng), ook bekend as "moeder-seun", en ’n kontrolerende of vernietigende siklus (剋/克, ke), ook bekend as "oupa-nefie". Sien diagram.
Voedend Hout voed Vuur Vuur skep Aarde (as) Aarde bevat Metaal Metaal versamel Water Water onderhou Hout
Kontrolerend Hout kloof Aarde (soos boomwortels) Aarde absorbeer Water Water blus Vuur Vuur smelt Metaal Metaal kap Hout
Betekenisse Die stelsel is ook bekend as die Vyf Agente, die Vyf Bewegings, die Vyf Prosesse en die Vyf Planete. Op verskillende terreine staan dit vir:
Wu Xing in Chinese filosofieNommer 1 2 3 4 5Chinees 木 (mu) 火 (huo) 土 (tu) 金 (jin) 水 (shui)Elemente Hout Vuur Aarde Metaal WaterSmake Suur Bitter Soet Skerp SoutKleure Blou (donker) of groen Rooi Geel Wit SwartVorms Reghoek Driehoek Vierkant Sirkel KurwePlanete Jupiter Mars Saturnus Venus MercuriusSeisoene Lente Somer Nasomer Herfs WinterOmstandighede Wind Hitte Vogtig Droog KoudOrgane Jin Lewer Hart Milt Long NierOrgane Jang Galblaas Dunderm Maag Dikderm BlaasEmosies Boosheid Vreugde Liefde Verdriet AngsSintuie Oë Tong Mond Neus OreUitdrukkings Skree Lag Sing Huil KreunLiggaamsdele Senings Pols Spiere Huid BeneLiggaamsvloeistowwe Trane Sweet Speeksel Slym UrineRigtings Oos Suid Middel Wes NoordVingers Wysvinger Middelvinger Duim Ringvinger PinkieLewensfases Geboorte Jeug Volwassenheid Ouderdom DoodDiere Geskub Geveer Menslik Pelsdiere Skaaldiere
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Filosofie Kategorie:Taoïsme