duimnael|250px|’n Bagua-diagram en jin en jang. duimnael Die Bagua (Chinees:八卦, ou transliterasie: Pa Koea) is agt "trigramme" wat in Taoïstiese kosmologie gebruik word as verteenwoordigend van die basiese beginsels van die werklikheid, wat as ’n reeks van agt samehangende konsepte beskou word. Elk bestaan uit drie lyne, wat óf aaneenloop óf onderbroke is. Dit verteenwoordig onderskeidelik jin of jang. Omdat hulle uit drie dele bestaan, word hulle dikwels trigramme genoem.

Die trigramme is verwant aan taiji-filosofie, die gevegskuns tai chi en die Wu Xing, of "Vyf Fases".Chen, Xin (vert. Alex Golstein). The Illustrated Canon of Chen Family Taijiquan, INBI Matrix Pty Ltd, 2007. p. 11. (besoek op Scribd.com, 14 Desember 2009.) Die verhouding tussen die trigramme word verteenwoordig in twee rangskikkings, die Primordiale (先天八卦), "Vroeëre Hemel" of Fu Xi bagua (伏羲八卦), en die Gemanifesteerde (後天八卦), "Latere Hemel," of King Wen bagua. Die trigramme het ooreenkomste in astronomie, astrologie, geografie, anatomie, die gesin, ens. Tsuei, Wei. Roots of Chinese culture and medicine Chinese Culture Books Co., 1989.ZONG, Xiao-Fan and Liscum, Gary. Chinese Medical Palmistry: Your Health in Your Hand, Blue Poppy Press, 1999.

Die antieke Chinese geskrif Yijing bestaan uit die 64 kombinasies van trigramme, wat "heksagramme" genoem word, asook kommentaar op elk.

Betekenis Elke trigram het ’n reeks unieke interpretasies, onder meer:

Beeld  Naam  Eienskap  Verbeeld as  Gesinslid Liggaamsdeel  Rigting Beeld:Trigramme2630 ☰.svg qian Krag Hemel Vader Kop Noorwes Beeld:Trigramme2637 ☷.svg kun Toewyding  Aarde Moeder Maag Suidwes Beeld:Trigramme2633 ☳.svg zhen Bewing Donnerslag  Oudste seun Voet Oos Beeld:Trigramme2635 ☵.svg kan Gevaar Water Middelste seun Oor Noord Beeld:Trigramme2636 ☶.svg gen Rus Berg Jongste seun Hand Noordoos Beeld:Trigramme2634 ☴.svg xun Deurbraak  Wind Oudste dogter Dy Suidoos Beeld:Trigramme2632 ☲.svg li Beligting Vuur Middelste dogter  Oog Suid Beeld:Trigramme2631 ☱.svg dui Blydskap Meer Jongste dogter Mond Wes

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Taoïsme