Creodonta is 'n uitgestorwe orde van vleisetende plasentale soogdiere.

Taksonomie Die taksonomie is onseker en die orde is dalk polifileties. 'n Onlangse (2015) ontleding van 177 soogdierspesies<ref name="Halliday">Resoving the relationship of Paleocene Placental mammals, Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550</ref> plaas hulle nogtans binne die Laurasiatheria in 'n sustergroep van die Carnivora by die Pholidota (Ietermagog)

Die orde bevat nou twee net families: Oxyaenidae Hyaenodontidae

In die verlede is talle ander groepe ook by hierdie orde ingedeel.

Kenmerke Creodonte lyk soos kat- en hondagtiges maar hulle tande is verskillend. Lede van die Carnivora het 'n paar van hulle kiestande wat skeurtande geword het. By Creodonta het alle'' kiestande skeurtande geword. Daar is ander verskille in hulle skelet. Hulle is een van die vroegste groepe plasentale soogdiere wat karnivoor geword het en het tot in die Mioseen met die Carnivora gewedywer.Carnivoran Evolution: New Views on Phylogeny, Form and Function Cambridge University Press, 2010, ,

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere