7 November is die 311de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (312de in skrikkeljare). Daar volg nog 54 dae in die res van die jaar.

Gebeure 680 – Begin van die sesde ekumeniese raad van Konstantinopel, ook bekend as die Derde Konsilie van Konstantinopel. 1150 – Pous Eugenius III keer terug na Rome. 1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maksimiliaan kies kardinaal Bernardino Lopez de Carvajal as Teenpous Martinus IV. 1533 – In sy laaste konsistorie stel Pous Clemens VII vier nuwe kardinale aan waaronder Odet de Coligny de Châtillon, wat later ge-ekskommunikeer word omdat hy 'n Calvinis geword het. 1689 – Pous Alexander VIII stel sy 22-jarige neef Pietro Ottoboni aan as kardinaal.

duimnael|upright|Wladimir Lenin

1917 – Bolsjevistiese leier Wladimir Lenin lei 'n staatsgreep teen die Russiese tussentydse regering van Alexander Kerensky en begin daarmee die Oktober-revolusie. 1940 – Die middelste deel van die Tacoma Narrowsbrug in Tacoma, Washington deelstaat, stort ineen tydens 'n windstorm. 1962 – In Suid-Afrika word Nelson Mandela skuldig bevind en tot 5 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagtes van "aanhitsing" en verlaat van die land sonder geldige reisdokumente.duimnael|links|110px|Grafiese beeld van die ruimtetuig Mars Global Surveyor 1987 – Zine El Abidine Ben Ali sit Habib Bourguiba af om President van Tunisië te word. 1996 – NASA lanseer die Mars Global Surveyor.

Geboortes 630 – Constans II, keiser van die Bisantynse Ryk († 668). 1728 – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger († 1779). 1867 – Marie Curie, Poolse wetenskaplike en ontvanger van die Nobelprys vir Chemie, 1911 en Fisika, 1903 († 1934). 1879 – Leon Trotsky, Russiese leier († 1940). 1908 – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus († 2000). 1917 – Albert Camus, Franse skrywer en filosoof († 1960). 1917 – Helen Suzman, Volksraadslid van die Verenigde Party, Progressiewe Party, Progressiewe Reformisteparty, Progressiewe Federale Party en Demokratiese Party († 2009). 1918 – Billy Graham, Amerikaanse evangelis († 2018). 1923 – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper († 2013). 1934 – Wille Martin, Afrikaanse skryfster († 2016). 1943 – Khalifa Haftar Libiese krygsheer. 1983 – Adam DeVine, Amerikaanse akteur.

Sterftes 1869 – Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, stigter van die Paarlse Gimnasium (* 1804). 1962 – Eleanor Roosevelt, politikus, menseregteaktivis en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1884). 1980 – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur (* 1930). 1990 – Lawrence Durrell, Indies-Britse outeur, digter en dramaturg (* 1912). 1992 – Alexander Dubček, Slowaakse politikus (* 1921). 2004 – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger (* 1919). 2016 – Leonard Cohen, Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer (* 1934). 2016 – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus (* 1942). 2017 – Tommie Meyer, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1928). 2021 – Dean Stockwell, Amerikaanse akteur (* 1936). 2021 – Bas van der Vlies, Nederlandse politikus (* 1942). 2023 – Frank Borman, Amerikaanse Apollo-ruimtevaarder (* 1928).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae

Kategorie:November