Die jaar 1802 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 2de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure 12 Februarie – Die Helvetiese Republiek lyf Oostenrykse gebiede in en vorm die kanton Fricktal 19 Mei – Die Erelegioen deur Napoleon Bonaparte gestig. 9 Augustus – Pous Pius VII stel Domenico Pignatelli di Belmonte, Theat., aartsbiskop van Palermo aan as kardinaal. 24 Desember – Pous Pius VI word in Rome herbegrawe. JMW Turner, bekende skilder, besoek Parys en Switserland.
Geboortes 10 Januarie – Carl von Ghega, Oostenrykse spoorwegingenieur († 1860). 26 Februarie – Victor Hugo, Franse skrywer, digter en dramaturg († 1885). 18 Junie – Hercules Crosse Jarvis, derde burgemeester van Kaapstad († 1889). 24 Julie – Alexandre Dumas, Franse skrywer († 1870). 5 Augustus – Niels Abel, Noorweegse wiskundige († 1829). 25 September – Richard Parkes Bonington, Waterverfskilder († 1828)
Sterftes Thomas Girten – Waterverfskilder 8 Augustus – Tjaart van der Walt, Suid-Afrikaanse militaris (* 1748).
Kategorie:19de eeu Kategorie:1802