Die jaar 1808 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure 29 Julie – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word gevange geneem deur die Franse magte omdat hy hom nie wou onderwerp aan Napoleon Bonaparte nie. 3 Desember – Madrid gee oor aan die Franse magte van Napoleon Bonaparte.
Geboortes 31 Januarie – Jacobus Nicolaas Boshoff, Vrystaatse politikus en staatsman, President van die Oranje-Vrystaat († 1881). 20 April – Charles Louis Napoleon Bonaparte, keiser en bekend as Napoleon III van Frankryk († 1873). 3 Junie – Jefferson Davis, die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog († 1889). 28 September – Jean Pierre Pellissier, Franse sendeling en stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie († 1867). 6 Oktober – Frederik VII van Denemarke, Koning van Denemarke († 1863). 22 November – Thomas Cook, Britse toerismepionier en stigter van die oudste, wêreldbekende reisagentskap, Thomas Cook & Son († 1892). 29 Desember – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State († 1875). Onbekend – Thomas Stubbs, ’n setlaarsweeskind, ambagsman en aanvoerder van Stubb's Rangers († 1877).
Sterftes 13 Maart – Christiaan VII van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1749). 28/29 Julie – Selim III, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1761). 29 September – Paul Wranitzky, Morawiese komponis (* 1756). 15/16 November – Mustafa IV, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1779).
Kategorie:19de eeu Kategorie:1808