duimnael|Die Lukasrandtoring.
Die Lukasrandtoring (voorheen bekend as die John Vorster-toring) is 'n toring in Lukasrand, Pretoria, Suid-Afrika. Dit is 'n mikrogolftoring wat aan Telkom behoort, en is opgerig om Pretoria en Johannesburg telefonies met die res van die land te verbind. Die toring, ontwerp deur mev. Helmtraud Lendorp, is 187 m hoog en is in 1978 voltooi. Dit betaan uit 'n 30 m staalmas gemonteer op 'n 157 m betonstruktuur.
In 2009 is 'n 24 m, agt verdieping hoë veselglas sokkerbal vir die 2010 FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi tydelik op die toring aangebring.
Eksterne skakels
John Vorster Tower by Structurae
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Torings