Baddeleyiet is 'n mineraal met die formule . Dit is die monokliniese laetemperatuurvorm van sirkonia. Teen 1400K gaan dit oor in 'n tetragonale vorm met die rutiel-struktuur wat 'n 7,5% hoër digtheid het. By 2641K word dit kubies met 'n fluoriet-stuktuur en by 2963K smelt dit.

Kristalstruktuur Die kristalstruktuur van baddeleyiet is monoklien. Die sirkoniumatome het 'n negevoudige omringing deur suurstofatome. Dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C43-struktuur. By hoër temperature gaan dit oor in die C4-(rutiel) en C1-(fluoriet)-strukture, wat 'n agtvoudige omringing van die sirkoonatome besit. Kubiese sirkonia kan ook sinteties vervaardig word en word as kuns-diamante gebruik. Dit is harder as die monokliene vorm (8 -8,5 ).

Verwysings

Kategorie:Minerale Kategorie:Oksiedminerale