Delia Ann Derbyshire (* 5 Mei 1937; † 3 Julie 2001) was 'n Engelse baanbreker-musikant en -komponis van elektroniese musiek en musique concrète. Sy word veral onthou vir haar meesterstuk, 'n bewerking van Ron Grainer se titelmusiek vir die Britse wetenskapsfiksie-televisiereeks Doctor Who, en haar baanbrekerswerk vir die Britse uitsaaikorporasie BBC se Radiophonic Workshop.

Delia Derbyshire se unieke klankwêreld is na bewering in 1940 beïnvloed deur die tonele en die geraas van Duitse lugaanvalle op haar geboortestad Coventry, die Coventry Blitz. Veral die klank van sirenes het 'n blywende indruk op haar gelaat. Sy het tydens haar akademiese opleiding by die Universiteit van Cambridge se Girton-kollege uitgeblink in wiskunde en musiek en later, terwyl sy vir die BBC se radiofoniese werkswinkel werksaam was, 'n groot bydrae gelewer vir die bevordering van elektroniese musiek. Haar musikale werk oefen steeds invloed uit op leidende elektroniese musiekkunstenaars.

Verwysings

Eksterne skakels Media youtube.com: Delia Derbyshire & Barry Bermange – Invention for Radio No.1: The Dreams (1964) ''youtube.com: "Falling", 'n klankcollage-gedig en uittreksel uit "The Dreams" youtube.com: Doctor Who Theme Tune 1963–1969 by Ron Grainer and Delia Derbyshire Oudiologiese chronologie delia-derbyshire.net: An audiological chronology Wikidelia wikidelia.net

Kategorie:Engelse musici Kategorie:Engelse komponiste Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2001