Limerick (Engels: [ˈlɪmərɪk], [-mərɪk]; Iers: Luimneach, [ˈl̪ˠɪmʲ(ə)nʲəx]) is 'n stad in die gelyknamige Ierse graafskap, geleë aan die Shannonrivier. Die historiese middestad het op die eiland King's Island ontstaan wat deur die Shannon- en Abbeyrivier omsluit word. Die Shannonrivier mond naby Limerick in die Atlantiese Oseaan uit. Met 'n bevolking van 94 192 volgens die sensus van 2016 is Limerick die derde grootste nedersetting in die Ierse Republiek en die vierde grootste op die eiland Ierland.

Sport Limerick was een van die Ierse gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1999. Limerick is een van twee plekke waar die professionele rugbyspan Munster Rugby in die Verenigde Rugbykampioenskap van hulle tuiswedstryde op die Thomond Park speel, die ander is Cork se Musgrave Park.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in die Ierse Republiek