duimnael|links|Kaart van die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste Die Golf van Suez (Arabies: خليج السويس, khalīǧ as-suwais; voorheen: بحر القلزم, baḥar al-qulzum, letterlik: "Meer van Calm") is 'n golf aan die noordwestelike punt van die Rooisee tussen die Egiptiese vasteland in die weste en die Sinai-skiereiland in die ooste.
Die middel van die Golf van Suez vorm die grens tussen Afrika en Asië, wat van Egipte 'n transkontinentale land maak. Deur die Suezkanaal, die Golf van Suez, die Rooisee, die Bab-el-Mandeb en die Golf van Aden is die Middellandse See en die Indiese Oseaan met mekaar verbind.
Die belangrikste stad aan die Golf van Suez is Suez, waar die Suezkanaal in dié golf uitmond.
Fotogalery
Eksterne skakels
Kategorie:Baaie Kategorie:Geografie van Egipte Kategorie:Seë van Afrika Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Indiese Oseaan