Stokely Carmichael (29 Junie 1941 – 15 November 1998) was ’n lid van die Black Panthers, wat hulle in die 1960’s beywer het om maatskaplike en politieke veranderinge vir Afro-Amerikaners teweeg te bring. Hy het die frase "black power" (swart mag) gevestig.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Stokely Carmichael is in Port of Spain op die eiland Trinidad gebore. Op 11 sluit hy by sy ouers in die Verenigde State aan, wat daarheen geëmigreer het toe hy twee was. Hy is ondertussen deur sy ouma en twee tantes versorg.
In die VSA woon hy die uitgelese Bronx Hoërskool van Wetenskap in New York Stad by, waarna hy by Howard-universiteit inskryf en 'n aktivis word. Hy sluit by die Swart Mag-beweging aan, eers as 'n leier van die Studente Geweldlose Koördinerende Komitee (SNCC, Student Nonviolent Coordinating Committee), later as "ere-presedent" van die Black Panther-party, en uiteindelik as 'n leier van die All-African People's Revolutionary Party (A-APRP)."Stokely Carmichael" biography, Freedom Riders, American Experience website (PBS).
Hy is in 1968 met die Suid-Afrikaanse sanger Miriam Makeba getroud. Hulle is egter in 1973 in Guinee geskei.
Carmichael is aan prostaatkanker oorlede. Hy was 57 jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Menseregte-aktiviste Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Sterftes in 1998