duimnael

'n Braaibroodjie is 'n broodjie wat op die kole tydens 'n braai gerooster word. Die tradisionele braaibroodjie word met twee snye brood, met ‘n vulsel van gerasperde kaas, snye tamaties, uie, sout, peper en appelkooskonfyt gemaak. Blatjang word ook dikwels as ‘n addisionele smaakmiddel op die brood gesmeer. Die broodsnye word vooraf aan die buitekant gebotter om te verseker dat die braaibroodjie ‘n aantreklike goudbruin kleur het nadat dit oor die kole gebraai is.

Braaibroodjies word gewoonlik as ‘n bykos saam met braaivleis geëet.

Aanpassings Die Afrikaner-sanger-liedjieskrywer Ziané Saayman het in 2025 'n liedjie oor die kombuis vrygestel, getiteld "Die Braaibroodjie Reël".

Verwysings

Kategorie:Braai Kategorie:Brode Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns