duimnael|160px|’n Tekening deur die neurowetenskaplike Santiago Ramón y Cajal (1899) van neurone in ’n duif se kleinharsings.

Neurowetenskap (of neurobiologie) is die wetenskaplike bestudering van die senuweestelsel. Dit is ’n multidissiplinêre tak van biologie wat te doen het met die anatomie, biochemie, molekulêre biologie en fisiologie van neurone en neurale netwerke. Dit steun ook op ander terreine soos wiskunde, farmakologie, fisika, ingenieurswese en psigologie.

Opsomming Die omvang van neurowetenskap het mettertyd vergroot om verskillende benaderings in te sluit tot molekulêre, sellulêre, ontwikkelings-, strukturele, evolusionêre, funksionele, rekenaars-, psigososiale en mediese aspekte van die senuweestelsel. Dit het ook aanleiding gegee tot ander dissiplines soos neuro-opvoeding,Zull, J. (2002). The art of changing the brain: Enriching the practice of teaching by exploring the biology of learning. Sterling, Virginia: Stylus Publishing, LLC en .

Vanweë die toenemende getal wetenskaplikes wat die senuweestelsel bestudeer, is verskeie vooraanstaande organisasies gestig om ’n forum vir alle neurowetenskaplikes en te verskaf. Die Internasionale Breinnavorsingsorganisasie is byvoorbeeld in 1960 gestig, die Internasionale Vereniging vir Neurochemie in 1963The Beginning , International Society for Neurochemistry en die Vereniging vir Neurowetenskap in 1969.

Kyk ook Optogenetika

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Senuweestelsel Kategorie:Wetenskap