Die jaar 1821 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 21ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 10 Februarie – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word aartspriester van die basiliek S. Maria Maggiore. 24 Junie – Simon Bolivar verslaan die Spanjaarde tydens die Slag van Carabobo. 10 Augustus – Missouri word die 24ste deelstaat van die Verenigde State. 27 September – Meksiko bereik sy onafhanklikheid van Spanje, waarmee die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog eindig.

Geboortes 22 Februarie – Jan van Beers, Vlaamse digter († 1888). 11 November – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer († 1881).

Sterftes 23 Februarie – John Keats, 'n Engelse romantiese digter (* 1795). 5 Mei – Napoléon Bonaparte, generaal en regeerder van Frankryk (* 1769). 24 Augustus – John William Polidori, Engelse romantiese skrywer (* 1795).

Kategorie:19de eeu Kategorie:1821