Assen is 'n munisipaliteit en stad in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 67 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 83 km². Assen is die hoofstad van Drenthe. In die munisipaliteit word die Drentse Museum, die Drentse Argief en die Kloosterkerk aangetref.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Assen: Anreep, Assen (stad), De Haar, Graswijk, Loon, Rhee, Schieven, Ter Aard, Ubbena, Vries (gedeeltelik), Witten, Zeijerveen en Zeijerveld.
Wyke Wyke van die stad Assen (elf): Assen-Oost, Assen-West, Centrum Assen, De Lariks, Diepstroeten, Kloosterveen, Marsdijk, Messchenveld, Noorderpark, Peelo en Pittelo.
Kategorie:Munisipaliteite in Drenthe Kategorie:Nedersettings in Drenthe Kategorie:Provinsiehoofstede van Nederland Kategorie:Stede in Nederland