MoskouМосква 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Federale distrik Sentraal-Rusland Ekonomiese streek Sentraal Federale subjek Federale stad Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1147 Stadstatus 1147 Oppervlakte:    - Totaal 2 561,5 vk km  Hoogte bo seevlak 156 m Bevolking:    - Totaal (2018) 12 506 468  - Bevolkingsdigtheid 4 882/km² Tydsone UTC +3 (MSK) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 5,0 °C www.klimadiagramme.de: Moskau  - Gem. temp. Januarie/Julie –9,3 / 18,1 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 688 mm Burgemeester Sergei Sobjanin Amptelike webwerf http://www.mos.ru/

Moskou (Russies: Москва, Moskva, [mɐˈskva], ) is die hoofstad en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van die Russiese Federasie. Die stad, wat in die middel van die Europese deel van Rusland in die heuwelland van die Moskwa-rivier geleë is, is met 'n bevolking van 12,5 miljoen in die stadsgebied (soos in 2018) en meer as 15 miljoen (of 'n tiende van die totale Russiese bevolking) in die metropolitaanse gebied en 'n oppervlakte van 2 561,5 vierkante kilometer die grootste stad van die land en ook van Europa. Na sy bewoners word in Afrikaans as Moskouers of Moskowiete verwys.

duimnael|links|Noordportaal van die Oespenski-katedraal duimnael|links|Die Kremlin tydens die Oorwinningsparade op 9 Mei 2012. Volgens 'n ou Russiese spreekwoord "troon die Kremlin bo die stad, en bo die Kremlin troon net God". Die historiese tsaresetel, wat onder Europa se veiligste en feitlik oninneembare vestings gereken word, het ook in die kommunistiese tydperk die politieke magsentrum gebly duimnael|links|'n Nuwe Moskou het verrys: Wolkekrabbers in Moskva-Siti. In Sowjettye nog berug vir die monotonie van sy grys woonstelblokke, het Moskou tot 'n bonte en elegante metropool ontwikkel waarna reeds as "dinamiese hoofstad van Europa" verwys word merian.de: Moskau – Dynamische Hauptstadt Europas. Besoek op 12 Desember 2019 duimnael|links|In 2019 nuut voltooide residensiële komplekse langs die Sjelepichinskaja-oewer duimnael|links|Mercury City Tower in Julie 2016 Die eerste verwysing na Moskou kom in 'n kroniek uit die jaar 1147 voor. Met die ontstaan van 'n Russiese Ryk omstreeks 1300, waarvan Moskou in die 15de eeu die hoofstad geword het, het Moskou vinnig tot die beduidendste metropool in Rusland gegroei. Selfs nadat die administratiewe sentrum van Rusland deur Pieter die Grote in 1712 na Sint Petersburg verskuif is, is Russiese heersers steeds in Moskou gekroon en het die stad die ekonomiese en geestelike spilpunt van Rusland gebly. Die Russies-Ortodokse patriarg het sy setel sedert 1598 in Moskou.

Die stadskern word gevorm deur die Kremlin-vesting uit die 15de en 16de eeu en Rooiplein (wat in 1990 tot wêrelderfenisgebied verklaar is), met die Lenin-mausoleum, die 16de eeuse Sint Basilius-katedraal met sy nege koepels, die afdelingswinkel GUM (1888–1893) en die Historiese Museum wat tussen 1878 en 1883 ontstaan het. Moskou het in 1918 die hoofstad van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) geword, daarna tussen 1922 en 1991 as administratiewe sentrum van die Sowjetunie gedien en in 1991 hoofstad van die Russiese Federasie geword.

Die Moskouse stadsgebied het vanuit die Kremlin as politieke magsentrum in konsentriese kringe uitgebrei – volgens die behoeftes van 'n Europese vestingstad wat met stadsmure en versterkings teen potensiële invallers beskerm is. Terwyl stedelike nedersettings in 18de eeuse Europa dikwels ingrypend verander is deur nuwe vorme van stadsbeplanning, is Moskou hoegenaamd nie geraak deur hierdie soort eksperimente nie.

So word Rooiplein omsluit deur die historiese stadskern, moderne strate (Russies "prospekte") en ringstrate met nuwe woonkwartiere (waarby hierdie kringpaaie soos die huidige Tuinring vroeëre stadsmure en versterkings vervang het). Die Nowodewitsji-klooster, wat in die 16de en 17de eeu in die Barokstyl uitgevoer en in 2004 as wêrelderfenisgebied gelys is, is suidwes van die middestad geleë. Die moderne sakesentrum van Moskou het wes van die Kremlin ontstaan; sy argitektuur word oorheers deur 'n groot aantal wolkekrabbers en ander kantoorgeboue, waaronder die Federatsija-toring wat in 2007 as die hoogste wolkekrabber in Europa voltooi is.

Die binnestad van Moskou is oorspronklik deur 'n aantal voorstede omring, waaronder die ou koopmanskwartier Kitai-gorod (tans die setel van Russiese regeringsinstellings), Beli Gorod (wat na sy wit palisademuur genoem is) en Semljanoi Gorod (na sy ou grondwalle genoem). Die groot stadsbrande wat Moskou in 1552 en 1812 (ná die verowering deur Franse troepe onder Napoleon Bonaparte) verwoes het, het sy vinnige groei nouliks belemmer.

Die Moskouse Danilof-klooster uit die 13de eeu dien as setel van die Russies-Ortodokse patriarg. As die leidende opvoedkundige sentrum van die Russiese Federasie beskik Moskou naas die Akademie van Wetenskappe oor vyf ander vakgebonde akademies, sowat 200 navorsingsinstitute op alle wetenskaplike terreine, ruim 80 tersiêre instellings (waaronder die bekende Moskouse Staatsuniversiteit, ook bekend as die Lomonosof-universiteit, wat in 1755 gestig is) asook talle biblioteke (waaronder die Russiese Staatsbiblioteek).

Die Moskouse museums bevat van die beduidendste kunsskatte ter wêreld. Die bekendste museums sluit in die Poesjkin-museum vir Beeldende Kunste (wat hom onder meer op Wes-Europese skilderkuns toespits) en die Tretjakof-galery met Russiese kuns. Ander beduidende instellings is die Gorki-, Tsjegof-, Lenin-, Tolstoi-, Andrei Roebljof-, die Historiese en Politegniese Museum asook die Museum vir Kuns en Kultuur van die Nabye-Ooste.

Die lang lys kulturele instellings in Moskou word aangevul deur sowat dertig teaters (waaronder die bekende Bolsjoi-teater), rolprentateljees, beduidende uitgewerye, radio- en televisie-uitsaaiers, skouterreine, 'n diere- en 'n botaniese tuin, groot stadsparke soos Gorki-park en sportstadions. Moskou was die gasheerstad van die XXIIste Olimpiese Somerspele 1980. Tans lok die stad jaarliks sowat vyf miljoen besoekers.

Moskou het tot die beduidendste Russiese nywerheidstad ontwikkel. Die belangrikste nywerheidsektore sluit die vervaardiging van motorvoertuie en treinwaens, elektrotegniese en meganiese aanlegte, staal- en metaalvervaardiging, poligrafiese, chemiese, hout-, en tekstielfabrieke, asook voedselverwerking en 'n ruolieraffinadery in. 'n Kernkragsentrale voorsien elektrisiteit aan die metropool. Aardgas word deur pyplyne uit die uitginningsgebiede van Saratof, Stafropol in die Koebanstreek en Dasjawa in Oekraïens-Galisië na Moskou vervoer. Moskou is daarnaas die finansiële sentrum van Rusland – meer as 1 000 bank- en sowat 60 versekeringsmaatskappye het hul hoofkwartiere in die stad.

Geografie duimnael|Nasa-Satellietbeeld van Moskou Moskou lê in die westelike, Europese deel van die Russiese Federasie, in die heuwelland tussen die riviere Oka en Wolga en teen die soms steil oewers van die naamgewende Moskwa-rivier wat as takrivier van die Oka in die Wolga uitmond. Die Moskwa vloei met sy kronkelende rivierbed oor 'n lengte van tagtig kilometer deur Moskou en bereik 'n breedte van tussen 120 en 200 meter. Die Moskou-Wolga-kanaal, wat in 1937 geopen is, verbind die Russiese hoofstad oor 'n lengte van 128 kilometer met die Iwankowo-dam en die Wolga.

Die ringvormige hoofpad van 109 kilometer, wat die stad sedert 1962 omsluit, dien ook as stadsgrens. Sowat 'n derde van Moskou se oppervlakte van meer as duisend vierkante kilometer is groen gebiede en parke. Daar is meer as 200 voetgangerlane, en 150 plekke waar fietse gehuur mag word om Moskou te verken.

Klimaat duimnael|Winter in Moskou: Sleewedrenne in die Petrofski-park. Skildery deur 'n onbekende kunstenaar, omstreeks 1830/40 duimnael|Die Tsaritsino-paleis is in 1796 in opdrag van tsarin Katharina die Grote in die gelyknamige park opgerig. Die naam beteken dan ook – "Plek van die Tsarin". As gevolg van die tsarin se ontydige afsterwe is die paleis nie voltooi nie. Eers burgemeester Loesjkin het in 2005 besluit om Tsaritsino te herstel en voltooi. In 2007 is die paleis geopen Moskou maak deel uit van die koel-gematigde kontinentale klimaatsone. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 5,0 °C, die gemiddelde jaarlikse reënval 688 millimeter. Julie is met 'n gemiddelde van 92 millimeter die natste maand van die jaar, Maart met 34 millimeter die droogste.

Tydens die winter daal die temperature gewoonlik tot –12° tot –15 °C, met uiterstes van minder as –20 °C. Aangesien humiditeitsvlakke gematig is en sterk koue winde nie dikwels waai nie, is die aanvoelbare temperatuur dikwels hoër. In Januarie 2006 laat 'n ysige koue oostewind temperature in Moskou binne enkele ure van 0 °C tot –22 °C daal, met uiterstes wat snags al tot –42 °C gedaal het. Dit is een van die laagste temperature wat ooit gemeet is. Lae klere en 'n kopbedekking word in elk geval gedurende die wintermaande benodig.

Die somers in Moskou is warm en sonnig, met uiterstes van meer as 38 °C.

Administrasie Moskou is die administratiewe setel van die Moskou-oblast, wat uit die metropolitaanse gebied van Moskou sonder die stad self bestaan. Moskou vorm 'n selfstandige administratiewe eenheid (subjek) van die federale distrik Sentraal-Rusland.

Terwyl die Moskou-oblast in 39 rajons (distrikte) verdeel is, bestaan die stad Moskou uit tien distrikte en altesaam 123 stadswyke, wat ook rajons genoem word. Talle stadswyke bestaan dikwels uit twee of meer kleiner historiese, nie-amptelike kwartiere.

Elkeen van die tien administratiewe distrikte beskik oor 'n parlement met elf verkose afgevaardigdes en oor 'n prefek, wat deur die burgemeester van Moskou benoem word en aan hom verantwoording moet doen. Op 1 Julie 2012 is met die inlywing van dele van die Moskou-oblast in die suidweste 'n nuwe administratiewe distrik, Nieu-Moskou, geskep.

duimnael|Die administratiewe distrikte van Moskou Administratiewe distrikRussiese naamInwoners (2010)Noorde (2)Северный1 114 607Noordooste (3)Северо-восточный1 366 303Noordweste (9)Северо-западный924 419Ooste (4)Восточный1 459 051Selenograd (10)Зеленоградский223 902Suide (6)Южный1 703 892Suidooste (5)Юго-восточный1 313 848Suidweste (7)Юго-западный1 366 282Weste (8)Западный1 299 337Sentrum (1)Центральный742 689Nowomoskowsky (11)Новомосковский144 231Troitsky (12)Троицкий90 815

Geskiedenis Visies op Moskou duimnael|Kom na my toe, broer, na Moskou...Hierdie skriftelike uitnodiging deur prins Joeri Dolgoroeki van Soezdal, die stigter van Moskou, in 1147 gerig aan sy bondgenoot prins Swjatoslaf, is die eerste historiese verwysing na Moskou duimnael|links|Katedraal van Christus die Verlosser aan die oewer van die Moskwa duimnael|links|Nowo-Spasski-klooster Moskou speel eeue lank 'n oorheersende rol in die Russiese geskiedenis. "Wanneer hy na Moskou kyk, voel elke Russiese mens dat dit sy moeder is", aldus die Russiese skrywer Leo Tolstoi in sy meesterwerk Oorlog en Vrede, "elke buitelander wat haar aanskou moet, selfs al is hy onbewus van haar betekenis as moederstad, haar vroulike karakter waarneem." Inderdaad beskryf digters en skrywers Moskou dikwels as 'n stad met 'n vroulike karakter, en as die middelpunt van die gesinslewe. Caroline Brooke: Moscow. A Cultural History. New York, NY: Oxford University Press 2006, bl. xxi Die stad teen die Moskwa bestaan al nege eeue, en in talle legendes, liedere en sages besing die Russiese volk sy prag en grootte.

Oorsprong duimnael|Die Andries-saal (Andrejevski zal) in die Kremlin-paleis duimnael|Die voetgangerlaan Arbat-straat in die historiese middestad, tans bekend vir sy restaurante en kunswinkels, is een van die oudste bewaarde strate in Moskou. Die eerste verwysing na die Arbat kom in 'n kroniek van 1493 voor