Harry Stratford Caldecott (bekend as Strat Caldecott; 1886–1929) was ’n Suid-Afrikaanse skilder wat sy opleiding in Parys ontvang en ’n voorste eksponent van die Impressionisme geword het. Hy het landskappe vol lig en atmosfeer geskep. Sy vrou, die Britsgebore Florence Zerffi (1882–1962), was ook ’n gerekende skilder van hoofsaaklik stillewes.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Harry Stratford Caldecott is op 27 Mei 1886 in Kimberley gebore. Hy studeer in 1912 aan die Académie Julia in Parys en in 1913 aan die École des Beaux-Arts, onder Gabriel Ferrier, ook in Parys.

Daarna woon en werk hy vir meer as tien jaar in Parys voordat hy hom in 1923 in Suid-Afrika hervestig. Hy het eerstehandse kennis en begrip van Franse Impressionistiese skildertegnieke na Suid-Afrika gebring. Baie van Caldecott se skilderye is egter nie onderteken of gedateer nie.

In 1924 trou hy met die kunstenaar Florence Zerffi. Die egpaar het deur die jare gereeld saam uitgestal, met hul eerste gesamentlike uitstalling in 1925. Hulle style was volkome teenoorgesteld – Zerffi s’n was die resultaat van haar Duitse opleiding, terwyl Caldecott s’n invloede van die Franse skool getoon het.

Caldecott is met kanker gediagnoseer en is op 12 Desember 1929 in Wynberg oorlede. Hy was 43 jaar oud.Lot 19: Harry Stratford Caldecott, bonhams.com, besoek op 28 Mei 2017

Fotogalery

Verder naleeswerk Scholtz, J. du P.; Strat Caldecott 1886–1929, A.A. Balkema: Kaapstad, 1970 Stel van ses afdrukke van skilderye deur Strat Caldecott, Pranas Domsaitis, Wolf Kibel, Alexis Preller, Irma Stern en Jean Welz; Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum, L. Alexander & E. Cohen; 150 South African paintings, past and present; Kaapstad; 1990 Alexander, Bedford & Cohen; Paris and South African artists 1850–1965, Kaapstad, 1988

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Geboortes in 1886 Kategorie:Sterftes in 1929