Eumetazoa is ’n subkoninkryk van diere. Die naam beteken letterlik "regte ná-diere" (Grieks: εὖ eu + μετά metá + ζῷον zoön). Dit bevat alle groot diergroepe buiten sponse, Placozoa en verskeie ander uitgestorwe of obskure lewensvorme. Kenmerkend van Eumetazoa is ware weefsel wat in kiemlae georganiseer is, die teenwoordigheid van neurone en ’n embrio wat deur ’n gastrula-stadium gaan. Die groep sluit gewoonlik minstens Ctenophora, Cnidaria en Bilateria in. Of Mesozoa daarin hoort, word betwis.
Sommige filogenetici het al voorgestel dat sponse en Eumetazoa apart van eensellige organismes ontwikkel het, wat sou beteken dat die diereryk nie ’n klade (’n volledige groepering van alle organismes wat van ’n gemeenskaplike voorouer afstam) vorm nie. Genetiese studies en sommige morfologiese eienskappe, soos die gemeenskaplike teenwoordigheid van koanosiete, steun egter die idee van ’n gemeenskaplike oorsprong.
Die Eumetazoa het in die Neoproterosoïkum, en waarskynlik in die Kriogenium, ontstaan.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Diere