Die geelmadeliefiebos (Euryops chrysanthemoides) is 'n klein struik wat endemieshttps://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:207397-1 aan Suid-Afrika is. In Engels staan dit as die African bush daisy bekend.
Dit is 'n kompakte, digvertakte, blaaragtige, immergroen struik, wat 0,5 tot 2 m hoog word.
Verspreiding Dit kom algemeen in die Oos-Kaap voor, langs die kus en in die binneland, in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Dit word gewoonlik aangetref aan woudrande, in oewerbos, in klowe, grasvelde, versteurde gebiede en in kusgebiede.
Verder word dit ook in tuine in tropiese tot subtropiese streke dwarsoor die wêreld aangeplant.
Klassifikasie Die spesie is op grond van sy chromosoomgetalle uit die genus Gamolepisna na die genus Euryops verskuif.
Dit word as 'n onkruid in Nieu-Suid-Wallis beskou.
Verwysings
Kategorie:Euryops Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika