Agtergrond is die tyd sowel as geografiese ligging binne 'n vertelling of prosawerk. As literêre element dra die agtergrond daartoe by om die situasie en stemming vir 'n verhaal te skep. Agtergrond is ook al verhaalwêreld Truby, 2007, p. 145 of milieu genoem, en as sulks verwys dit na 'n konteks (veral samelewing) buite die onmiddellike omgewing van die verhaal. Agtergrond kan die volgende elemente insluit: kultuur, historiese tydperk, geografie, en uur. Saam met intrige, karakter, tema en styl word agtergrond as een van die fundamentele komponente van fiksie beskou.Obstfeld, 2002, pp.1,65,115,171.
Rol Agtergrond is 'n belangrike element in 'n vertelling en in sommige werke word die agtergrond self 'n karakter. Die term agtergrond word dikwels gebruik om na die sosiale milieu te verwys waarin die gebeure van 'n roman afspeel,Lodge, 1992, pp.58-60. en romanskrywer Donna Levin het al beskryf hoe hierdie sosiale milieu die karakters se waardes vorm.Levin, 1992, pp.110-112. Een van die elemente van verhaalagtergrond is tydsverloop. Dié is in sommige verhale staties, en in ander dinamies, met byvoorbeeld veranderende seisoene.
Tipes Agtergrond kan verskeie vorms aanneem: Alternatiewe geskiedenis Gekonstrueerde wêreld Distopie Fantasiewêreld Fiktiewe stad Fiktiewe land Fiktiewe "oorkruising" Fiktiewe ligging Fiktiewe heelal Toekomsgeskiedenis Verbeeldingswêreld Mitiese plek Parallelle heelal Planete in wetenskapfiksie Gesimuleerde realiteit Virtuele realiteit Utopie
Aantekeninge
Verwysings
Kategorie:Fiksie