Leroy Gordon "Gordo" Cooper Jr. (* 6 Maart 1927 – † 4 Oktober 2004; Kolonel Amerikaanse Lugmag), was 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, toetsvlieënier, vlieënier in die Amerikaanse Lugmag en een van die oorspronklike ruimtemanne van die Mercury Sewe.
Cooper het in die laaste Mercury-missie, Mercury-Atlas 9, gevlieg, wat ook die langste missie was. Hy is die eerste Amerikaner wat in die ruimte geslaap het gedurende die 34-uur lange sending. Hy is ook die laaste Amerikaner wat op 'n solovlug die ruimte ingestuur is. In 1965 was hy die vlieënier van Gemini 5 se beheermodule.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Kolonels Kategorie:Gemini-program Kategorie:Mercury-program Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2004