Walter M. Schirra (* 12 Maart 1923 – † 3 Mei 2007) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, kaptein in die Amerikaanse Vloot, vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en een van die oorspronklike Mercury Sewe-ruimtemanne. Hy was in beheer van die Mercury-Atlas 8, gelanseer op 3 Oktober 1962 waartydens hy ses keer om die Aarde gewentel en altesaam nege uur in die ruimte deurgebring het.

Hy was ook die bevelvoerder van die Gemini 6A en Apollo 7-sendings.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Kapteins Kategorie:Gemini-program Kategorie:Mercury-program Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2007