Donn Fulton Eisele (23 Junie 1930 – 1 Desember 1987) (Kolonel, Amerikaanse Lugmag), was 'n toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy was in 1968 in beheer van die beheermodule tydens die Apollo 7-sending. Nadat hy Nasa en die lugmag se diens verlaat het, word hy die vredekorpsdirekteur vir Thailand voordat hy die privaatsektor betree.

Dood

Eisele sterf in 1987, op die ouderdom van 57, aan 'n hartaanval terwyl hy op 'n sakereis in Tokio, Japan was. Hy sou die opening van 'n nuwe Space Camp bywoon wat gemodelleer is op die een by die U.S. Space & Rocket Centre in Huntsville, Alabama. Eisele is in Japan veras, en sy as is in die Arlington Nasionale Begraafplaas met volle militêre eerbewyse begrawe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Amerikaanse Vrymesselaars Kategorie:Kolonels Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 1987