Jonathan Rhys Meyers (* 27 Julie 1977 as Jonathan Michael Francis O'Keeffe) is 'n Ierse akteur wat internasionale bekendheid verwerf het met rolprente soos Velvet Goldmine (1998), Bend It Like Beckham (2002), Match Point (2005) en Mission Impossible III (2006) en sy hoofrolle in televisiereekse - as Elvis Presley in die biografiese minireeks Elvis (2005), en as koning Hendrik VIII van Engeland in die Britse uitsaaikorporasie BBC se historiese dramareeks The Tudors (2007–10).

As model was hy tot en met 2011 verskeie kere betrokke by advertensieveldtogte vir Hugo Boss se fyngeur Element wat in 2009 geloods is, en in 2007 vir die Italiaanse mode-etiket Versace.fashionadexplorer.com: Jonathan Rhys Meyers for Versace by Mario Testino. Besoek op 16 Mei 2017 Rhys Meyers bly tans in Londen en Los Angeles.

Verwysings

Kategorie:Ierse akteurs Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense